Welkom by
Standerton Akademie


Standerton Akademie is ‘n privaat CVO skool wat in 2008 deure geopen het.

Die skool is by die Departement van Onderwys geregistreer en ook by Umalusi geakkrediteer.

Die Beweging vir Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) is die sambreelmaatskappy waarby CVO-skole geaffilieer is.
Die BCVO lewer verskeie dienste aan CVO skole soos studiemateriaal, professionele advies en gekoördineerde sport- en kultuurgeleenthede op streek- en nasionale vlak.



Visie & Missie

Visie

Om kinders voor te berei in die volwassenheid wat God vir hulle bestem het.

Om hulle vir die lewe voor te berei, asook hulself in die beeld van Christus te vind. Om onafhanklik, vol vertroue en doeltreffend in hulle omgewing te kan funksioneer.

Om hulle voor te berei tot volle potensiaal, vir die Primêre, Hoërskool en na-skool fases.

Om te voldoen aan die kritiese uitkomste soos voorgeskryf.

Kenmerke:

Om respek te toon vir alle verskillende kulture in ons land.

‘n Sin vir persoonlike waardigheid.

‘n Sin vir orde.

Vermoë om alleen te werk.

Genot en vervulling in werk sonder motivering deur beloning of straf.

Om saam met ons medeburgers ‘n positiewe bydrae deur ons kennis en bekwaamheid te lewer tot opbou van ons land Suid-Afrika.

missie

 

Ons glo in:

Die Bybel soos deur God gegee, onverdeeld in alle dele, sonder fout in sy oorsprong.

Die een God wat ewig bestaan, Vader, Seun en Heilige Gees, wie die mens geskape het deur die direkte, oombliklike werking van Sy wil.

Die ewige voortbestaan, vleeswording, maagdelike geboorte, sondelose lewe, wonderwerke, kruisdood vir ons sondes, liggaamlike opstanding, hemelvaart en wederkoms van die Here Jesus Christus.

Die val van die mens in sonde, sy behoefte aan die wedergeboorte, wat geskied alleenlik deur grond van genade deur die werking van die Heilige Gees, en die opstanding van alle mense tot die ewige lewe of veroordeling.

Personeel sal Christene wees.

Personeel sal leerders aanmoedig om mede-leerders regverdig en billik te behandel.

Dissiplineer wanneer nodig met liefde en begrip, maar ferm.

Afrikaans as onderrigmedium asook die aanleer van Engels, vir beter kommunikasie en menseverhoudings
met ons medemens.
Uitleef van die Afrikaanse kultuur,
asook om respek en eerbied te toon teenoor verskillende kulture en tradisies van ander volkere.

boodskap
van die hoof

mnr swanepoel


Standerton Akademie se personeel, leerlinge en ouergemeenskap streef een hoofdoel na. Ons is ‘n Afrikaanse Christelike skool wat ons fondamente bou op dit wat ons  in die boek van die lewe leer: Die Bybel

By hierdie skool is ons strewe om die kinders wat God aan ons toevertrou het met deernisvolle omsigtigheid te hanteer. Dat leerlinge ontwikkel word om buitengewone hoogtes te bereik en standvastig sal wees om die uitdagings van die meer moderne samelewing met onderskeiding te hanteer.

Ons is ‘n skool waar ouers saam met die kinders groot droom oor ons toekoms. Hoë standaarde, toegewyde onderwysers, individuele aandag, goeie waardes en streng dissipline is die skool se hoekstene. Hier word maksimum geleentheid aan kinders gegee en met ‘n uitkyk wat Skrifgefundeerd is, word saamstaan, mekaar opbou, ‘n intieme atmosfeer en ‘n gelukkige kind gekweek.   

Akademie soos in ons skool se naam is ons trots en hoogste prioriteit. Kultuur is ons trots en dus ‘n wonderlike leerervaring.

Sport bied ‘n goeie kompeterende geleentheid om leerlinge maksimaal te ontwikkel en ons lewer  reeds puik atlete.
Ons Graad 7 Raad is juis gevestig om leerlinge te ontwikkel om voor te loop.- Om sosiaal te verkeer is vir ons skoolgemeenskap die bewys dat ons hard werk, maar ook kan speel.

Christelike geloof bly egter die basis van elke dag se beplanning en aktiwiteite; dus ons leuse: Geanker in Geloof.

Skoolwapen

Lig

Joh 8:12 “Ek is die Lig van die wêreld, wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Lig is ‘n benaming vir die beeld van beskerming. “die Here is my lig” (Mig 7:8), “Die Here is my lig en my redder” (Psalm 27:1), en “Die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees. (Jes 60:20)

Geloof

Geloof word in Heb 11:1 omskryf as seker wees van die dinge wat ons hoop en oortuig wees van wat ons nie sien nie, en in Heb 11:2-40 word dit verduidelik as ‘n vaste vertroue op die Here. Geloof bring redding en genesing. Gelowiges word dikwels opgeroep of daaraan herinner, om vas te staan in hulle geloof (1 Kor 16:13;2). Die woord “geloof” in die uitdrukking “geloof sy God” is ‘n lofprysing wat beteken “God moet geloof word” of “aan God kom die lof toe”.

Bybel

Woord van die Here dui die handeling aan waarmee die Here Homself en Sy wil bekend maak. Die “woord van die Here” in die OT dikwels sinoniem aan die wil van die Here. Dit staan vas (Ps 119:89), bly vir ewig. Dit bring blydskap en vreugde dit red mense, gee aan hulle die lewe en wysheid, en bring vir hulle vrede. Dit is deur die Here gestuur, word bewaar, kan nie geboei word nie, sal nie onverrigter sake terugkeer nie maar tot stand bring waarvoor dit gestuur is. Dit is die middel waardeur die Here skep en tot lewe bring. Mense het ontsag of vrees vir God se woord. Wie die woord van die Here aanneem, hoor en aanvaar, of bewaar, ontvang wat die Here deur Sy woord wil gee. Wie doof is vir die woord, daaraan ongehoorsaam is, stel hulleself buite die gemeenskap wat God met mense tot stand bring deur sy woord.

Blou lug

Dui op die groei en vernuwing van geloof.


Groen

Dui op die groei en vernuwing van geloof.

Skoollied

 

Soos die son opkom in die Ooste
Met sy strale warm en sterk
Staan ons klein hier voor ons Vader
Maar ons is groot in ons werk
Hou ons koers,
Hou ons koers.
Op die pad tot hier gevat
Woon en werk ons rustig voort
Een in liefde, een in Woord

Een in hart en strewe
Geanker in geloof
In ons leertyd en ons speeltyd
Groei ons strale helder sterk
En ons word in Hom nog sterker
Hou ons aan vir hom te werk
Hou ons koers,
Hou ons koers
Op die pad tot hier gevat
Woon en werk ons rustig voort
Een in liefde, een in Woord
Een in hart en strewe
Geanker in geloof
Ons is kinders klein en kinders groot
Gebore uit ‘n kennis nood
Van die goeie en die kwade
Om te luister as Hy praat
Hou ons koers,
Hou ons koers
Op die pad tot hier gevat
Woon en werk ons rustig voort
Een in liefde, een in Woord

Skrywer: Mev. Marné Cronje
Een in hart en strewe toonset: Mev. Frances Pretorius
Geanker in geloof: Mev. Louise Odendaala

Skoolreëls

HAARSTYL – SKOOL

Buiten die haarstyle wat vir seuns en dogters van tyd 

tot tyd vasgestel word, sal die volgende ten alle tye geld

Seuns

Die seuns se hare sal altyd kort wees en nie aan die

 ore raak, lang kuiwe wees, of met “steps” gekap word nie.

Gekleurde of permanent gegolfde hare is ontoelaatbaar.

Seuns-Algemeen

Geen juwele van enige aard nie.

 Dogters

Die dogters se hare mag onder geen ostandighede 

gekleur of permanent gekartel word nie.

Hare wat aan die onderpunt van die kraag raak, moet vas 

gemaak word.

Kuiwe se maksimum lengte is net bokant die wenkbroue.

Turkoois, Grys of wit bykomstighede.

Dogters- Algemeen

Slegs studs of klein ringetjies mag as oorbelle gedra word.

Alleenlik goud of silwer seëlringe is toelaatbaar.

Geen ander juwele mag gedra word nie.

Geen grimering mag gebruik word nie.

Die skool dra geen verantwoordelikheid vir juwele wat 

verlore raak nie.

KONTROLERING VAN BYWONING EN AFWESIGHEID

 VAN LEERLINGE

Afwesigheid word gekontroleer tydens die eerste periode; 

by die aanvang van elke periode by

‘n volgende onderwyser en aan die einde van die dag.

Ongereelde skoolbesoek word by die skoolhoof gerap

Geen leerling verlaat die terrein sonder toestemming 

van die hoof nie.

‘n Leerling wat gedurende skooltyd siek word, rapporteer

 by die kantoor vanwaar die ouers deur

Indien ‘n leerling verlof het om die terrein te verlaat, 

mag dit  alleen geskied as sy ouers hom self kom haal.

Ouers moet die uittekenboek invul.

Afwesigheidsbriewe van ouers/voog en doktersertifikate 

word deur die klasvoog versamel en bewaar.

Geen leerling loop gedurende klastyd rond nie, tensy daar 

‘n uiters noodsaaklike rede voor is nie.

Tandarts- en doktersafsprake vind liefs na skool plaas,

 behalwe in noodgevalle, waarvoor daar vooraf by 

die hoof verlof verkry moet word.

Indien ‘n leerling tydens ‘n toets afwesig is, moet hy/sy

 die toets by ‘n volgende geleentheid, soos met die

 onderwyser gereël, aflê.  Indien die leerling glad nie die

 toets aflê nie, kry hy/sy nul.  In wettige gevalle van

 afwesigheid tydens ‘n toets, word die leerling afwesig 

gemerk en word die toets nie in berekening gebring nie.

Afwesig weens siekte:

Indien ‘n leerlinge twee of meer dae afwesig is weens 

siekte, moet ‘n doktersertifikaat voorsien word.

Die skool het egter die reg om na sy goed denke, indien 

‘n leerling selfs een dag afwesig is weens siekte,

‘n doktersertifikaat te vereis.

Afwesig met verlof:

Alle leerling moet die skool vanaf die eerste dag tot die 

laaste dag van die termyn bywoon.

Verlof om afwesig te wees vir ‘n periode of ‘n gedeelte 

van die dag word slegs in uitsonderlike gevalle

 toegestaan nadat die aansoek om verlof en die toestaan 

daarvan, met die klasjuffrou en hoof bespreek is.

 Afwesig sonder verlof:

Indien ‘n leerling afwesig is sonder verlof, met of sonder 

ouers se  medewete, maar sonder skriftelike toestemming 

van die skool, sal dit na beheerraad of skoolhoof verwys 

word vir dissiplinêre optrede

KLASKAMER-BELEID

Klaskamerbeleid word duidelik uitgespel en leerlinge 

moet hulle hierby hou.

Die klaslokale moet deurentyd netjies gehou word.

Leerlinge moet ordelik elke klas binnekom en dit ook weer

 ordelik verlaat.

Geen tasse mag bo-op skoolbankies geplaas word nie.  

Alle tasse moet netjies onder die sitstoeltjie ingeplaas

 word.

Klastake word tussen leerlinge eweredig op ‘n 

rotasiebasis verdeel.

As deel van die leierontwikkelingsprogram, word klasleiers 

aangewys ten einde die personeel te

ondersteun in die uitoefening van die klaskamerbeleid.

Elke klaskamer is so georganiseer t.o.v. plasing van 

meublement,  apparatuur, ens. dat dit bydra tot ‘n 

gesonder en ordelike leeromgewing.

Geen leerling mag pouses in die klasse vertoef nie.

Enige leerling wat op enige tyd op banke, stoele, tafels, 

mure, ens krap met ‘n pen, potlood,

enige skerp voorwerp of met Tippex daarop verf, sal 

sonder verdere waarskuwing gevra word om die skool 

te verlaat.

Vandale is nie welkom in ons skool nie.

ONDERHOUD MET PERSONEEL

Leerlinge kan, buiten vrae wat gedurende klastyd aan

 ‘n onderwyser 

gevra word, die onderwysers gedurende pouseof naskool 

spreek maar nie gedurende ‘n ander onderwyser se

 periodes nie. 

  • Ouers kan onderwysers spreek, verkieslik per afspraak.

KLASWISSELING

Die leerlinge beweeg flink en in rye tydens klaswisseling.
Leerlinge mag nie in groepe drentel en luidrugtig 

praat en gesels tydens klaswisseling nie.

Leerlinge mag nie laat opdaag vir ‘n volgende periode nie.

Leerlinge plaas hul tasse by die volgende klas alvorens 

hulle verdaag vir pouse.

Leerlinge plaas hul tasse netjies by hul bank, in die 

klas waar hulle vir 

die eerste periode van die dag is.

KLEEDKAMERS

Een seun/dogter prefek doen ‘n rotasiebasis diens gedurende

 pouses binne die onderskeie kleedkamers.

Die kleedkamers moet deurgaans in ‘n onberispelike

 toestand gehou word.

Persoonlike higiëne van ‘n hoë standaard moet gehandhaaf

 word. Die kleedkamers is nie ‘n kuierplek vir leerlinge nie.

TERREIN/SPEELGRONDE

Die skoolterrein moet te alle tye netjies en skoon gehou

 word.

Geen blomme, struike, bome en plante mag beskadig

 word of gepluk word nie.

Geen leerling verlaat die terrein sonder toestemming 

van die hoof nie.

Geen leerling mag op die terrein vertoef na afloop 

van pouses en  nadat die skoolklok gelui het in 

die oggend nie.

Leerlinge mag slegs op die afgebakende

 speelterrein volgens

 klasverband gedurende pouses beweeg.

OPTREDE GEDURENDE EN NA SKOOL

Die optrede van leerlinge na skool moet, soos 

gedurende skool, altyd van so aard wees om die goeie

naam van die skool hoog te hou.Indien die 

optrede van ‘n leerling gedurende en na skool, van so 

aard is dat hy/sy die goeie naam van die

skool mag skaad, sal die skool beslis die nodige 

dissiplinêre stappe teen sodanige leerlinge neem.

Die reëls van die skool is net so van toepassing na 

skool as gedurende skool.