By hierdie skool is ons strewe om die kinders wat God aan ons toevertrou het met deernisvolle omsigtigheid te hanteer. Dat leerlinge ontwikkel word om buitengewone hoogteste bereik en standvastig sal wees om die uitdagings van die meer moderne samelewing met onderskeiding te hanteer.
Ons is ‘n skool waar ouers saam met die kinders groot droom oor ons toekoms. Hoë standaarde, toegewyde onderwysers, individuele aandag, goeie waardes en streng dissipline is die skool se hoekstene. Hier word maksimum geleentheid aan kinders gegee enmet ‘n uitkyk wat Skrifgefundeerd is word saamstaan, mekaar opbou, ‘n intieme atmosfeer en ‘n gelukkige kind gekweek. -Akademie soos in ons skool se naam is ons trots en hoogste prioriteit.-Kultuur is ons trots en dus ‘n wonderlike leerervaring.-Sport bied ‘n goeie kompeterende geleentheid om leerlinge maksimaal te ontwikkel en lewer ons reeds puik atlete. -Ons Graad 7 Raad is juis gevestig om leerlinge te ontwikkel om voor te loop.-Sosiaal verkeer is vir ons skoolgemeenskap die bewys dat ons hard werk, maar ook kan speel.-Christelike geloof bly egter die basis van elke dag se beplanning en aktiwiteite; dus ons leuse: Geanker in Geloof.
Hoof se boodskap
Standerton Akademie se personeel, leerlinge en ouergemeenskap streef een hoofdoel na. Ons is ‘n Afrikaanse Christelike skool wat ons fondamente bou op dit wat ons leer in die boek van die lewe: Die Bybel.