017 712 4885 /  017 712 3743
admin@standertonakademie.co.za
Kultuur: Daar word deelgeneem aan konserte, boeresport, talentoggende, redenaars, beeldende kuns, musiek (instrumentaal), bybelprojekte, bybelkuns, drama bv. mimiek, voordrag, ens., sang bv. solo, duet, ens. en klubdeelname bv. Eistedfords. Spesiale herdenkingsdae word gevier, bv. Hemelvaart, Kruisiging van Jesus, “Erfenisdag”, entrepreneursdae en meer!. Beleidstuk: Kultuur Grondslag Die uitleef van die Afrikanerkultuur, in besonder die kultuurbeskouïng dat kultuur die gehoorsaamheid aan die Bybelse kultuuropdrag is en dat die Afrikaner se uitlewing daarvan onder andere vergestalt word in die Gelofte van Desember 1838 en die herbevestiging daarvan in Desember 1880. Doelstellings Om te arbei vir die behoud, bevordering en uitbouing van die Afrikanerkultuur in al sy fasette; wat insluit: die Afrikaanse taal, die Afrikaanse lied, tradisie, geskiedenis, volkspele, sang, letterkunde, skryfkuns, vertolkende en beeldende kuns. Om die kultuuraangeleenthede van die BCVO te koördineer en landswye feeste, wedstryde en byeenkomste te reël en aan te bied in samewerking met die Streeksrade en instellings. Om by die kinders ‘n liefde vir die Afrikaner se kultuur te kweek. Om in samewerking met die BCVO-kantoor, en –Direksie en alle ander rolspelers ‘n jaarprogram daar te stel. Om respek en eerbied te toon aan ander volkere se kultuur. Kultuuraktiwiteite vorm deel van Standerton Akademie se buitekurrikulêre program. Dit word van die opvoeder verwag om by die kultuuraktiwiteite van die skool in te skakel. Die skool se kultuurprogram bestaan uit viering van herdenkingsdae, kunswedstryde, debat, entrepreneurs, konserte, ens.
Tuis Prospektus Akademie Kultuur Sport Gallery Nuus Jaarkalender Kontak Ons