017 712 4885 / 017 712 3743
admin@standertonakademie.co.za
Skoolwapen:
Lig:
Joh 8:12 “Ek is die Lig van die wêreld, wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Lig is ‘n benaming vir die beeld van
beskerming. “die Here is my lig” (Mig 7:8), “Die Here is my lig en my redder” (Psalm 27:1), en “Die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees. (Jes 60:20)
Geloof:
Geloof word in Heb 11:1 omskryf as seker wees van die dinge wat ons hoop en oortuig wees van wat ons nie sien nie, en in Heb 11:2-40 word dit verduidelik as ‘n
“vaste vertroue” op die Here. Geloof bring redding en genesing. Gelowiges word dikwels opgeroep of daaraan herinner, om vas te staan in hulle geloof
(1 Kor 16:13). Die woord “geloof” in die uitdrukking “geloof sy God” is ‘n lofprysing wat beteken “God moet geloof word” of “aan God kom die lof toe”.(Psalm 66:20)
Bybel:
Woord van die Here dui die handeling aan waarmee die Here Homself en Sy wil bekend maak. Die “woord van die Here” in die OT dikwels sinoniem aan die wil
van die Here. Dit staan vas (Ps 119:89), bly vir ewig. (Jesaja 5:11) Dit bring blydskap en vreugde dit red mense, gee aan hulle die lewe en wysheid, en bring vir
hulle vrede. Dit is deur die Here gestuur, word bewaar, kan nie geboei word nie, sal nie onverrigter sake terugkeer nie maar tot stand bring waarvoor dit gestuur is.
Dit is die middel waardeur die Here skep en tot lewe bring. Mense het ontsag of vrees vir God se woord. Wie die woord van die Here aanneem, hoor en aanvaar,
of bewaar, ontvang wat die Here deur Sy woord wil gee. Wie doof is vir die woord, daaraan ongehoorsaam is, stel hulleself buite die gemeenskap wat God met
mense tot stand bring deur Sy woord.
Groen:
Dui op die groei en vernuwing van geloof.
Blou lug:
Dui op God wat die hele uitspansel (aarde) geskep het, dit regeer en onderhou.