017 712 4885 /  017 712 3743
admin@standertonakademie.co.za
Leerlingontwikkeling: Kleuterskool: Die volgende word aangebied: Skoolgereedheidstoetse vir Graad 0. Remediërende Onderrig, ons maak ook gebruik van arbeidsterapeute, spraakterapeute, ens. Audiblox word aangebied (program wat grondvaardighede vir lees, spel, wiskunde en konsentrasie aanleer). Gereelde bak en brou, poppekas, wetenskap eksperimente, noodplanoefening en opvoedkundige uitstappies word gehou. Daaglikse inoefening van Mind Moves (‘n program wat groot en fyn motoriese oefening insluit). Kunsprojekte word op ‘n gereelde grondslag geassesseer. Laerskool: Slegs enkele aspekte word uitgelig: Audiblox word aangebied. Korrekte studiemetodekursus word aangebied. Leerlinge woon leierskampe en veldskole by. Skool beskik oor opgeleide Remediërende onderwysers. Gereelde diagnostiese toetse word geskryf in Lees, Spel en Wiskunde. Skool maak gebruik van Arbeidsterapeute, Spelterapeute, ens. Mind Moves word aangebied (groot motoriese ontwikkeling). Noodplan word gereeld ingeoefen.
Tuis Prospektus Akademie Kultuur Sport Gallery Nuus Jaarkalender Kontak Ons