Skooldrag

 

Seuns Somersdrag

• Kort grys broeke
• Wit oopknoop hemde
• Turkoois oortrektrui (Jade)
• Grys lang kouse/Kaalvoet

  • Hoërskool leerlinge dra vlootblou broeke ipv grys 

 

 Seuns Wintersdrag

• Lang grys broeke
• Wit hemde met das
• Turkoois oortrektrui (Jade)
• Grys kouse en en swart skoene
• Vlootblou baadjie

  • Hoërskool leerlinge dra vlootblou langbroeke ipv grys 

 Dogters Somersdrag

• Grys A-lyn rompe,       lengte (bokant
   knieë)
• Wit oopknoop hemde
• Turkoois oortrektrui (Jade)
• Wit sokkies en swart skoene  

• Hoërskool leerlinge dra vlootblou rompies ipv grys rompies

 Dogters Wintersdrag

Grys langbroeke
• Wit hemde met das
• Turkoois oortrektrui (Jade)
• Grys kouse saam met grys langbroek
• Swart Skoene
• Vlootblou baadjie

  • Hoërskool leerlinge dra vlootblou langbroeke ipv grys



Dinsdae en Donderdae is daar aktiwiteite / sportperiodes

Leerlinge mag dan sweetpakke en sportdrag dra

 

Die skooldrag, soos hierbo uiteengesit, sal verpligtend wees vir leerlinge.
Leerlinge moet toesien dat hulle streng hou by die reëls in verband met die skooldrag.  

Nie alleen die skooldrag nie, maar ook die gedrag, taal, maniere en houding van die leerling moet die goeie naam van die skool binne sowel as buite die skool waardig wees.

Ons skooldrag en ons voorkoms is ons trots en ons optrede weerspieël dit.  


SKOOLURE

Leerlinge tree 07:25 aan vir opening

Die skool begin stiptelik om 07:30 vir leerlinge.

Gesamentlike opening vind plaas elke oggend en afkondigings word aan leerlinge voorgehou.

 

KAALVOETKINDERS (Vanaf 2 jariges tot Graad 0)

Maandae tot Vrydae  07:30 –  12:30

 

LAERSKOOL & HOëRSKOOL (GRAAD 1-10)

Graad 1 – 3 : Maandae tot Vrydae: 07:30 – 13:30

Graad 4 – 10 : Maandae tot Vrydae: 07:30 – 14:00

 

Nasorg beskikbaar vanaf 14:00 – 17:00

  

Druk op die skakel om na ons Facebook blad te gaan