beeldeNDE kuns
Skilderkuns, fotografie, beeldhouwerk en vlyte is alles deel van die skeppende kuns wat tot op landswye vlak beoefen kan word.
kultuurfees
Hierdie is vir die “dramatiese” en “minder dramatiese” leerlinge.
Formele en gedramatiseerde poësie en prosa, monoloë en samesprake word tot op streeksvlak gedoen.
Van die beste leerlinge word genooi na die landswye Kultuurfees wat einde van Augustus elke jaar aangebied word. Die koor neem ook jaarliks deel aan die kultuurfees.
redenaars
Hier word leerlinge geleer hoe om hul sê te sê voor ‘n gehoor. Leerlinge neem op streeksvlak deel en dring deur na die Nasionale kompetisie.
bybelkennis
Spesifieke skrifgedeeltes word voorsien en leerlinge maak ‘n taak of model uit dele van die skrifgedeeltes.
Bybelkennisvraestelle word geskryf en die bestes dring deur na die 2de rondte waarna hul kan kwalifiseer vir die Nasionale rondte teen ander provinsies.



