Marizelle Fritz
Graad 0

Danicke du Plessis
2-3 Jaar

Elzaan Norman
4 Jaar

Daleen de Bruyn
5 Jaar

Ons Kleinspan



Ons Kleuterskool is spel-gebasseerd. Ons voel dat 'speeltyd' nie na 'leertyd' kom nie — speeltyd IS leertyd.
Met speel bou ons 'n sterk ontwikkelingsbasis, sodat kinders gereed is vir akademiese leer EERS wanneer hulle vaardighede gebou is en hul emosioneel gereed daarvoor is.
Ons kleuters ontwikkel deur speel:
Verbeelding
Self-gerigte leer
Sosiale vaardighede
Probleemoplossing
Ruimtelike bewustheid
Ons bou 'n sterk ontwikkelingspiramide deur met ouderdomstoepaslike aktiwiteite sensoriese, groot motories, fyn motoriese en persepsuele vaardighede te ontwikkel.
Ons spandeer baie tyd om vanuit Bybelse beginsels reeds van jongs af morele en emosionele ontwikkeling te voed.
Ons kleiner klasse gee Juffrou kans om elke kind se individuele persoonlikheid en talente te laat floreer.

Ons bied die volgende aan:

Audiblox – Konsentrasie oefening
Skoolgereedheidstoetse
Besoeke / Uitstappies
Bak en Brou
Wetenskapprojekte
Musiek en Beweging
Alle perseptuele aspekte vir leerlingontwikkeling
Veiligheid, bv. oefen van noodplan
Personeel gekwalifiseerd
Klein klasse vir individuele aandag
Lawwe pret dae bv. Waterdag, Lentedag