Onderrig

BCVO skryf die Nasionale Senior Sertifikaat (Gr12) deur IEB

IEB gebruik die nasionale kurrikulum soos gereguleer deur die Departement van Basiese Onderwys.

IEB se kwaliteit word onderskryf deur Umalusi (Council for Quality Assurance in General and Further Education)

IEB se kwalifikasies word gemeet aan internasionale standaarde en word beskou as gelyk aan Cambridge AS vlak.

BCVO voldoen aan al die vereistes soos gestel deur IEB vir die NSS eksamen.

BCVO is voortdurend besig met navorsing oor eksamenrade en wat die beste moontlikhede vir ons kinders kan bied.

Onderrigfases

Verskillende fases

Standerton Akademie is ‘n privaatskool wat ‘n verrykende KABV (CAPS) leerplan volg.

Die skool is by die Departement van Onderwys geregistreer.

Verder voldoen die skool aan die standaarde van Umalusi en is ten volle geakkrediteer.

INTERNASIONAAL

BCVO het in 2019 akkreditasie ontvang by ‘n buitelandse organisasie om sodoende nog meer deure vir ons leerlinge oop te maak. Dit bied nie net geloofwaardigheid aan die skool se bestuursprosesse en onderrigkwaliteit nie, maar help ook dat ons leerlinge makliker toelating en beurse by internasionale instansies kan kry.

Verpligte vakke:

Afrikaans Huistaal

Engels

Wiskunde

Christelike Lewensoriëntering

Fisiese en Lewenswetenskappe

Geografie

Geskiedenis

Bybel

Ekonomiese 

Bestuurswetenskappe

 (Gr 7-9)

Rekeningkunde (Gr 7-9)

Kuns & Kultuur (Gr 7-9)

Tegnologie (Gr 7-9)



Toetse, rapporte en verslae:

Graad 3 tot 10:
Toetse word geskryf soos voorgeskyf in die vakbeleide van die bepaalde vakke.
1ste Kwartaal: Toetse en take
2de Kwartaal: Toetse / take en eksamen
3de Kwartaal: Toetse en take
4de Kwartaal: Eksamen