In die tweede kwartaal word daar rugby en netbal by die skool gespeel,
CVO skole neem dan ook aan provinsiale proewe deel om ‘n span te kies.
Die provinsiale wedstryde waar die verskillende provinsies teen
mekaar speel word die Winterspele genoem.
By die Winterspele word ‘n bokkiespan gekies wat dan die BCVO by ‘n sportweek in die openbare sektor verteenwoordig. Hier kan die standaard gemeet word en sorg dit vir optimale blootstelling, ook buite BCVO verband.